TLU SA steun Solidariteit en AfriForum in regsaksie teen Bela-wet

TLU SA spreek sy volle steun uit vir Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) in hul regsaksie teen die promulgering van die omstrede Bela-wet. Hierdie stap, wat vandag deur middel van ‘n mediaverklaring van Solidariteit en AfriForum aangekondig is, is volgens TLU SA ʼn noodsaaklike optrede om die skynbare magsvergrype van die regering en die ANC se voortgesette aanval op moedertaalonderrig en kulturele vryheid, te stuit.

TLU SA, as landbouorganisasie, beleef daagliks die resultate van swak onderwysuitkomste. Jong mense wat die werkersmark betree, beskik dikwels nie oor die nodige kundigheid en kennis nie, weens die gebrekkige opleiding wat hulle in staatskole ontvang. Hierdie probleem sal net verder vererger met die wegbeweeg van moedertaalonderrig, wat ongetwyfeld tot nóg swakker uitkomste sal lei. TLU SA is van mening dat die regering se fokus met onderwys nie in die beste belang van die kind is nie, maar eerder ʼn ideologiese stryd voer om taal en kultuur op ander volkere af te dwing. ʼn Fokus op kwaliteit en moedertaalonderrig, daarenteen, bou kinders se toekoms en dra by tot die vooruitgang van die land.

“Die promulgering van die Bela-wet is nie net ʼn irrasionele besluit nie, maar ook ʼn brutale verbreking van ooreenkomste wat in goeie trou aangegaan is,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Dit wys weereens dat die regering daarop ingestel is om enige teenstem of regverdige versoek van minderheidsgroepe te ignoreer ten einde hul eie agendas te bevorder.”

TLU SA veroordeel die regering se toenemende inmenging in ouers se reg om hul kinders volgens hul eie waardes en geloofsoortuigings te laat opvoed. Kinders uit Christelike gesinne behoort in die vrees van die Here onderrig te word, soos ouers belowe tydens die doopbelofte. Die Bela-wet poog egter om hierdie basiese reg weg te neem deur sentrale beheer oor taal- en toelatingsbeleid na die staat oor te dra, wat Afrikaanse skole en ander minderheidsgroepe kwesbaar laat.

Daarbenewens dui die ANC se voortgesette beleid op die ondermyning van opvoedkundige standaarde, soos gesien in die swak resultate van Suid-Afrikaanse leerders in internasionale assesserings soos die 2023 TIMSS-verslag. Hierdie wet dra niks by om hierdie ernstige probleme op te los nie, maar plaas eerder ʼn groter las op gemeenskappe en ouers wat reeds hard probeer om ʼn toekoms vir hul kinders te verseker.

“Ons moedig alle ouers aan om aktief op te staan teen hierdie aanslag en Solidariteit en AfriForum te ondersteun,” voeg Van Zyl by. “Die tyd het aangebreek om die onderwys van ons kinders in eie hande te neem deur private instellings wat Christelike en kulturele waardes koester, verder uit te bou.”

TLU SA sal voortgaan om ons lede te bemagtig om hierdie uitdagings met geloof en volharding te hanteer.

Foto: Robert Kneschke | Canva

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA steun Solidariteit en AfriForum in regsaksie teen Bela-wet

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.