James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Verklaring deur TLU SA Noord Kaap oor die Opgradering van Vaalputs Kernafval stoor-fasiliteit

TLU SA Noord Kaap spreek sy ernstige kommer uit oor die beplande opgradering en moontlike uitbreiding van die Vaalputs kernafval stoor-fasiliteit, wat in ’n sensitiewe en strategies belangrike landbougebied geleë is.

Hierdie ontwikkeling het verreikende implikasies vir georganiseerde landbou, plaaslike gemeenskappe, en voedselveiligheid in Namakwaland en die breër Noord Kaap.

Ons bekommernisse sluit in:

1. Voedselveiligheid en volhoubare produksie:

Die Vaalputs-gebied lê in ’n streek wat toenemend belangrik raak vir volhoubare veeteelt en droëland produksie. Enige besoedeling, aktueel of potensieel, van grond, lug of waterbronne kan ’n direkte bedreiging inhou vir die veiligheid en markaanvaarding van voedselprodukte vanaf hierdie streek.

2. Omgewingsimpak op ekologies sensitiewe gebiede:

Namakwaland is ’n unieke ekostelsel en ’n toeriste trekpleister met hoë biodiversiteit. ’n Uitbreiding van die fasiliteit verhoog die risiko van langdurige omgewingskade – iets wat nie maklik omgekeer kan word nie.

3. Gebrek aan deursigtigheid en openbare deelname:

Ons is besorg oor die vlak van insluiting van plaaslike belanghebbendes in die besluitnemingsprosesse. Grondeienaars, landbouverenigings en gemeenskappe moet behoorlik geraadpleeg word, met duidelike insae in risiko-evaluasies, beplannings dokumente en alternatiewe opsies.

4. Negatiewe impak op plaaslike ontwikkeling en belegging:

Die teenwoordigheid van ’n kernafvalfasiliteit kan toekomstige landbou-ontwikkeling, toerismebeleggings en grondwaardes negatief beïnvloed, wat werkverskaffing en ekonomiese groei in die streek kan kniehalter.

TLU SA Noord-Kaap versoek die owerhede en verantwoordelike instansies om die proses te heroorweeg, deeglike onafhanklike omgewingsimpakstudies bekend te maak, en ’n betekenisvolle openbare deelnameproses te verseker.

Ons sal nie toekyk hoe die langtermyn volhoubaarheid van landbou en gemeenskappe in gevaar gestel word nie. Vaalputs mag nie ’n stil kompromie word wat die toekoms van Namakwaland onherroeplik skaad nie.

Kategorie:

Deel dit:

Verklaring deur TLU SA Noord Kaap oor die Opgradering van Vaalputs Kernafval stoor-fasiliteit

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.