Vervoer | Permitte se chaos

Sedert die begin van die inperking was dit duidelik in die regulasies gestipuleer dat boere – wat as noodsaaklike diens uitgesluit is van die inperking – ‘n begeleidende skrywe benodig vir hulle, sowel as hulle werkers, indien hulle op paaie en selfs oor provinsiale grense heen beweeg.

Die skrywe benodig sekere besonderhede soos uiteengesit in die voorbeeld wat TLU SA uitgestuur het. Later is bepaal dat die ID nommers van die werkgewer sowel as die arbeider ook daarin moet verskyn.

Die DTI het ‘n registrasie van maatskappye wat noodsaaklike dienste moet verrig – die sogenaamde CIPC sertifikaat – geïmplementeer. Met die verlengde inperking is van maatskappye verwag om hulle CIPC sertifikate te hernu. Dit is ‘n eenvoudige proses wat maklik werk vir maatskappye.

Boere is steeds net verplig om die begeleidende skrywe saam met hulle te hê.

Die probleem wat tans ervaar word, is dat SAPD-padblokkades dit verskillend hanteer en in sommige gevalle van boere verwag om aan die CIPC registrasie te voldoen.

Die volgende antwoord (nie amptelik nie), is verkry vanuit die taakgroep van die minister van landbou nadat daar vir die hoeveelste keer versoek is dat daar duidelike uitklaring moet kom:

We are suggesting to members that are not CIPC registered just to carry a copy of the  press statement below with them as it clearly states that sole proprietors delivering essential goods/services cannot register and thus don’t require a CIPC registration certificate.

They must just comply with the regulations and self-issuing/regulating permit scheme.

 While this should be sufficient clarity, it would be advisable for DALRRD and the Minister to reinforce that farmers are predominantly sole proprietors and should be allowed to conduct their essential services within the ambit of the lock-down regulations.

Unfortunately SAPS have been very poorly informed about the CIPC registration issue and this leads to considerable and unnecessary confusion, disruption and even conflict.

Vir diegene wat die CIPC sertifikaat kan kry omdat hulle wel as ‘n maatskappy geregistreer is, sou dit by padblokkades van waarde wees.

Vir diegene wat dit nie kan doen nie, sou dit goed wees om die genoemde verklaring wat hier geplaas word, saam te neem, hetsy as ‘n uitdruk of elektronies op jou foon. Klik hier

Ons bevestig dus dat boere en hulle arbeiders in die uitvoering van die proses om voedsel te produseer, tydens vervoer moet voldoen aan twee aspekte, naamlik die begeleidende skrywe wat nie beëdig of van ‘n stempel voorsien hoef te wees nie; en die handhawing van higiëne maatreëls.

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.