Vloede in Kwazulu-Natal

TLU SA neem met skok kennis van die geweldige verliese wat die vloede in die land, maar in besonder in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, veroorsaak het.

Daar is van die verliese wat nooit verhaal sal kan word nie. Die skade aan privaateiendom en infrastruktuur sal ’n invloed op die hele land hê. TLU SA betuig medelye teenoor naasbestaandes wat familie en vriende verloor het. Daarmee saam wens ons almal wat betrokke is by die herstel van bedrywighede en infrastruktuur sterkte toe vir dié belangrike taak.

TLU SA het ook sy hoop uitgespreek dat bedrywighede hervat en infrastruktuur spoedig herstel sal word. Dit is van kardinale belang dat dit met deursigtigheid sal geskied waar prioriteite toegeken moet word, soos byvoorbeeld by herstel van paaie. Waar regeringshulp toegeken word, is die beheer oor fondse van uiterse belang. Geen korrupsie mag plaasvind nie en die regering moet alles in plek sit om korrupsie te verhoed. Mense wat familie-lede verloor het en dié wat skade gely het, kan nie nog onder korrupsie ook gebuk gaan nie. Die volle voordele moet hulle toekom.

 

Foto: RSG

Kategorie:

Deel dit:

Vloede in Kwazulu-Natal

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.