James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Finansiële prestasie – Johan Kapp

Ek het in my vorige artikel verwys na die finansiële prestasie van die boerdery onderneming en hoe dit gemeet kan word deur die regte boerdery bestuursinkomstestaat.

TABEL 1 is ’n voorbeeld van so ’n Boerdery Inkomstestaat. Die volgende aspekte is van belang vir die uitleg:

Vergelykend

Om die prestasie van die onderneming werklik te kan evalueer, moet die inkomstestaat vergelykend wees met die vorige jaar(e). Tabel 1 gee ’n goeie uiteensetting daarvan. Dit moet egter ook vergelyk word met die jaarlikse begroting wat opgestel word, verkieslik oor dieselfde produksie periode. ’n Persentasie afwyking vanaf begroting of vorige jaar kan ’n duideliker perspektief bring. In Tabel 1 is die % ’n afwyking vanaf die vorige jaar.

Inkomste

Dit is uiters noodsaaklik om die boerdery-inkomste te spesifiseer volgens boerdery-vertakkings. Boerdery-inkomste is vir die boer die belangrikste gedeelte van die inkomstestaat (natuurlik)! Selfs meer detail soos in watter markte die produkte verkoop is, kan ook handig wees. Nie-boerdery inkomste sal later hanteer word.

Uitgawes

Tabel 1 het ’n spesifieke bedryfsverloop vir uitgawes wat kortliks ingedeel kan word in Produksiekoste en Oorhoofsekoste. Produksiekoste kan weer opgedeel word in Produksie-middele, Meganisasie-koste, Personeelkoste en dan ’n Diverse gedeelte vir die uitgawes wat nie binne die ander afdelings ondervang kan word nie. Oorhoofsekoste is self verklarend.

Netto Boerdery Inkomste (NBI)

Hierdie is die eerste winssyfer van belang vir die boerdery onderneming. Dit is die mees toonaangewende prestasie meting syfer in boerdery. Deur dit as ’n % van boerdery inkomste uit te druk, kan verskillende boerderye se prestasie met mekaar vergelyk word (benchmark). Geen rente of huur uitgawes word tot op hierdie vlak in aanmerking gebring nie. Tabel 1 dui hierdie persentasies vir huidige jaar, begroot en vorige jaar aan.

Boerdery Wins (BW)

Hierdie berekening word nie vervat in Tabel 1 een en sal in ’n volgende artikel bespreek word.

 

 

 

 

Foto RODNAE ProductionsPexels

Kategorie:

Deel dit:

Finansiële prestasie – Johan Kapp