Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
GOEIE NUUS OOR LANDBOUFINANSIERING Saterdag | 27 Maart | 2021

TLU SA se Finansiële Dienste-lessenaar het heeltemal verander in die Landbousektor Finansiële Dienste Mkpy Bpk, ‘n volwaardige gelisensieerde Finansiële Dienste-maatskappy met FSCA-registrasienommer 44619.

TLU SA besit ‘n wesenlike aandeel in dié maatskappy en die hoofdoelwit is om elke TLU SA-lid op persoonlike basis met finansiële raad en produkte by te staan. TLU SA-lede kan nou staatmaak op dienste en advies uit eie geledere oor alle aspekte van persoonlike finansies.

Ons by Landbousektor Finansiële Dienste bied u die keuse en opsies van produkte van verskeie versekeraars en fondsbestuurders. Soos wat TLU SA na die belang van sy lede omsien in terme van landbousake, sien ons om na u persoonlike finansies.

Boedelbeplanning:

Die hoeksteen van persoonlike finansies is boedelbeplanning. Sonder omvattende boedelbeplanning loop alle bates waarvoor ‘n leeftyd gewerk word, ‘n risiko. Doen die moeite om ons te vra om vir u ‘n boedelontleding te doen en te verseker dat u swaarverdiende bates veilig is en op die mees kostedoeltreffende wyse na die volgende geslag oorgedra word.

Beleggings:

Die volgende bousteen is beleggings. Ons boere moet ‘n gedeelte van die wins wat die plaas lewer, buite die plaasgrense belê. Ons staan u hiermee by met advies en produkkeuses. Oes- en bateversekering word ook in besonderhede deur ons korttermynspesialiste hanteer.

Maak seker dat u die mees omvattende dekking geniet teen die laagste beskikbare premie.

Mediese versekering:

Ons het almal die afgelope jaar besef wat die waarde van doeltreffende mediese versekering is. Dié van ons wat nie self behandel is nie, ken beslis iemand wat Covid opgedoen het en weet dat dié behandeling in baie gevalle weke geduur het. Ons help u met advies ten opsigte van mediese versekering.

Skakel ons by die TLU SA-hoofkantoor op 012 804 8031 sodat u verwys kan word na die geskikte persoon om u te help.

 

Kobus Oberholster

082 330 8607

kobus@lsfd.co.za

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons