James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Jongboere broodnodig vir Suid-Afrikaanse landbou

Nog nooit vantevore was dit so duidelik soos nou nie dat Suid-Afrika jongboere broodnodig het vir vooruitgang.

“Suid-Afrika kan nie sonder jongboere voorbestaan nie, daar is geen manier nie,” het Henna du Plessis, TLU SA Jongboer-komitee voorsitter, met oortuiging gesê.

“Landbou het die afgelope paar jaar – ten spyte van alles – gegroei en dit is danksy die deursettingsvermoë van die land se boere, ook die jongboere.”

Volgens Du Plessis is dit ook tans nodig vir alle jongboere om deel te wees van ’n organisasie soos TLU SA.

“Dit is duidelik dat in die huidige omstandighede kan ons nie anders nie as om deel van georganiseerde landbou te wees. Die uitdagings is net te veel. Ons het TLU SA nodig om spreekbuis te wees en ook te praat vir jongboere. As dit moeilik raak is dit nog belangriker as ooit om koppe bymekaar te sit en te weet jy is nie alleen op ’n eiland van jou eie nie.”

Die 2022 Jongboer-konferensie is op 10 Junie en vind plaas by die Voortrekkermonument. Sprekers sluit in Jacob van der Merwe (Diversifikasie), Dawie Brits (2021 Jongboer van die Jaar) en finansiële kenners Johan Kotze en Kobus Oberholster.

As jy die geleentheid wil bywoon moet jy RSVP teen 1 Junie 2022 deur die registrasie blad https://www.tlu.co.za/jongboere/ of by ledesake@tlu.co.za

“Ek glo ons gaan wegstap van die konferensie nadat ons lekker gepraat het oor gemeenskaplike uitdagings. Die sprekers sal ons motiveer. En ons gaan weet dat die jongboer ons land uit die huidige moeilikheid sal kry!”

Die jaarlikse TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het begin en inskrywings word van al die streke afgewag. Gedurende die week van 11 Julie 2022 sal ons die finaliste op hul plase besoek waarna die wenners met ons Kongres op 7 September bekend gemaak word.

Du Plessis sien die Jongboer-kompetisie as ’n goeie maatstaf as jy ernstig daaroor is om ’n suksesvolle boer te wees.

“Dit is manier om te weet waar jy staan as boer. Die moontlikheid van opbouende terugvoer, wat partykeer as negatiewe terugvoer gesien kan word, skrik sommiges af om in te skryf, maar dis is baie belangrik om presies te boer in die huidige omstandighede. As jy iets beter kan doen, is dit nodig en belangrik om dit te weet.”

Elke streek moet self drie finaliste aanwys wat ons sal besoek. Ons is opgewonde oor die pryse wat met groot dank vanaf verskeie borge vir hierdie kompetisie verkry is en sal besonderhede daarvan tydens die Jongboer-konferensie bekend maak.

Die toekoms van landbou is gesetel in die hande van die volgende geslag boere en daarom is hierdie vir ons ’n baie belangrike kompetisie.

Kontak gerus jou streekbestuurder of -voorsitter as jy glo jy TLU SA se 2022 Jongboer van die Jaar is!

Noord:  Drickus- drickusb@gmail.com
Noordwes /Vrystaat: Jannie – jannieraath@yahoo.com
Oos/Natal: Ronnie – r.schilling@live.co.za
Sentraal: Lynette – sentraal@tlu.co.za
Wes-Kaap: Bennie – liebenberg@breede.co.za

Kategorie:

Deel dit:

Jongboere broodnodig vir Suid-Afrikaanse landbou

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.