Die jaar is amper op sy rug. Ek loer vinnig in met ’n kort maar belangrike boodskap!
Ofskoon Desember op ons is en van ons al aan vakansie mag dink, beteken dit nie dat ons boere tans nie baie hard aan die werk is nie. Dit is immers plant-tyd vir baie van ons boere. Ek wens alle boere en hul spanne alles van die beste vir die plant-seisoen.
Daar is so baie faktore waaroor ons nie beheer het in die tyd nie, maar ook so baie wat ons wel reg en goed kan doen. Mag God se seën en genade ryklik oor elkeen wees in die tyd.
Ek sal in my Desember boodskap iets oor veiligheid ook deel, maar wees intussen op die uitkyk vir TLU SA se boodskappe en praktiese raad oor veiligheid. Elkeen moet nou opstaan en self verantwoordelikheid aanvaar.