James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA betreur die leuens rondom impakstudie oor onteiening

TLU SA betreur die swak kwaliteit van die regering se impakstudie oor onteiening sonder vergoeding wat vandeesweek deur Sakeliga bekend gemaak is. Dit is ‘n sprekende voorbeeld van die gebrekkige kundigheid in staatsdepartemente om belangrike inligting saam te stel en weer te gee.

Die dokument wat in opdrag van die Departement van Openbare Werke saamgestel is, vorm die basis waarop die regering die koste en voordele van die Onteieningswet baseer. Sakeliga het die dokument deur ‘n toegang-tot-inligting-aansoek bekom.

“Ons probleem met die sogenaamde impakstudie is tweeledig,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Eerstens is die kwaliteit van die dokument onaanvaarbaar swak. Dit lyk plek-plek of die samesteller eenvoudig net ‘n generiese antwoord geplak het wat nie eers relevant is nie. Tweedens verwys die studie na die goedkeuring wat sommige organisasies aan die wet sou gee en beslis onwaar is.

“Hoe kan die regering ‘n belangrike wet wat so ‘n groot impak gaan hê op die ekonomie probeer aanpas, gegrond op hierdie dokument?”

TLU SA bedank Sakeliga vir die bekendmaking van die impakstudie-dokument.

In die dokument word net een landbouorganisasie – Agri SA – se insette weergegee en dit wys dat hulle die voorstelle (met voorwaardes) met omsigtigheid aanvaar. Agri SA het pas weer beklemtoon dat hulle gekant is teen onteiening teen ‘n nulvergoeding en indirekte onteiening.

“Selfs al was dit waar, is die lugtige insette van slegs een landbouorganisasie beslis nie verteenwoordigend van alle rolspelers in die landbou waardeketting nie, en TLU SA sal dit nooit so aanvaar nie,” sê mnr. Geldenhuys. “Die regering wys hiermee net weer dat die toekoms van die land geen gewig dra in besluite nie. Dit gaan hier oor die deurvoer van ‘n ideologie waar net sekere mense (kaders) bevoordeel word en die res in ellende moet voort sukkel.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       9 Junie 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA betreur die leuens rondom impakstudie oor onteiening

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.