James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA bevraagteken bekendmaking van tenders as oplossing vir bedrog

Dit is vir TLU SA nie genoeg dat die maatskappye wat tydens en spesifiek as gevolg van COVID-19 tenders ontvang het, se name bekend gemaak word nie. Die regering behoort eerder te vra hoe lank die verskynsel van nepotisme en kaderbevoordeling reeds aan die gang is wanneer dit kom by tenderpraktyke.

“Dit is nie net van belang om te weet aan wie tenders toegeken word nie, maar ook hoe deursigtig die proses van toekenning is,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Die ANC het ‘n lang geskiedenis van tenderbedrog en het Suid-Afrika se vertroue in die proses heeltemal vernietig.”

TLU SA eis dat elke staatsdepartement ‘n tenderraad het wat staatsprojekte volgens aanvaarbare en deursigtige prosedures toeken. Die raad moet uit ten minste drie lede van opposisiepartye bestaan om te verseker dat die ANC nie verder tenders aan familie, vriende en vennote toeken nie.

Die tenderprosedure moet van die bekendmaking en advertensie van ‘n spesifieke tender, tot by die indiening en toekenning daarvan deur die tenderraad totaal deursigtig wees. Die kriteria vir die toekenning van ‘n tender, asook die vereistes waaraan die persoon of maatskappy wat suksesvol wil tender, moet ook in die advertensie bekendgemaak word.

Die uitgangspunt dat tenders op rasgronde toegeken behoort te word, moet onmiddellik gestaak te word. Kundigheid en die vermoë om die projek suksesvol uit te voer, moet die enigste kriteria wees in die toekenning van ‘n tender.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is geruïneer en die land beskik hoegenaamd nie oor die vermoë om geld te verspil op tenders wat opgeblaas of verkeerd toegeken word nie.

“Die wyse hoe daar tot op hede in Suid-Afrika met tenders omgegaan is, skep die illusie dat dit aanvaarbaar is om bloot bekend te maak watter individue en organisasies tenders ontvang en dat dit tenderbedrog die hok sal slaan,” sê mnr. Meintjes. “Bekendmaking waarborg geensins deursigtigheid nie.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       27 Augustus 2020

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                    Sel.: 082 461 7262

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA bevraagteken bekendmaking van tenders as oplossing vir bedrog

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.