James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA Jongboer van die Jaar 2021 Wenner

Die reus van ‘n jong boer Dawie Brits was so opgewonde soos ‘n skoolseun wanneer die skool sluit, toe hy hoor dat hy TLU SA se Jongboer van die Jaar 2021 is. Dié kompetisie is vanjaar aangebied in samewerking met Manitou, Santam Landbou, Introlab, CMH Ford Hatfield en C-Track.

Dawie (35) boer in die Balfour-distrik met sojabone, mielies en hoenders op die plaas Modderbult waar sy oupa en pa ook geboer het. En sy twee seuntjies het al klaar gekies waar hulle plaashuise moet staan wanneer hulle eendag in die familie se voetspore volg.

Hoewel hy altyd wou boer, het Dawie se pa hom aangemoedig om eers ‘n ander beroep te volg en het hy ‘n vlieënier geword. Die boerdery het egter te hard geroep en drie jaar gelede kon Dawie uiteindelik sy plek op die plaas inneem.

Dis veral met mielies wat Dawie sy slag wys.

“Ek het regtig ‘n passie oor die saaiboerdery en die hoenders moet dit maar net aanvaar,” lag Dawie. “Dit was vir my lekker om te sien hoe die ander boere dit doen en die versekering te kry dat hoe ek dit doen, nie heeltemal verkeerd is nie. Dis lekker om met die ander deelnemers te praat en kennis te deel.”

Afgesien van die groot titel sien Dawie en sy “oulike vrou” Riana uit na hulle oorsese reis na die Manitou fabriek in Frankryk. Dawie het ook ‘n kontantpakket van R52 000 gewen:

  • R25 000 van Santam Landbou;
  • R12 000 van Introlab;
  • R10 000 van CMH Ford Hatfield; en
  • R5 000 van Ctrack.

In die tweede plek is Jess Walker (35) van die Losberg Boere-unie op die plaas Tweefontein. Jess en sy vrou Chrissie (saam hulle twee kinders)  het werklik die begrip familieboerdery omarm en Jess boer die afgelope vyf jaar saam met sy skoonpa op hulle familieplaas. Hierdie oud-onderwyser het vinnig besef dat hy in murg en been ‘n boer is en die boeke vir grond verruil. Die Walkers is meestal saaiboere maar boer ook met stoet- en kommersiële beeste.

As die naaswenner ontvang Jess R15 000 van Santam Landbou en R8 000 van Introlab.

In die derde plek met prysgeld van R10 000 van Santam Landbou en R5 000 van Introlab is Barend Rautenbach (34), ‘n pa van vier.

Barend en sy vrou Benine boer al vir amper 11 jaar op Fernie-Haugh in Mpumalanga. Hierdie familieboerdery word gelykop verdeel tussen Barend, sy pa Ben en ouer broer Rudi. Barend is grootliks verantwoordelik vir die melkery en is ook betrokke by die vleisbeeste-vertakking van die boerdery.

“Die deelname aan die Jongboer van die Jaar-kompetisie het my regtig nederig laat voel,” sê Barend. “Dit is goed om met die groot besighede wat die kompetisie borg en iemand soos Oom Bennie van Zyl te gesels en by hulle te leer. Dit was interessant om meer te leer oor finansiële beplanning en die struktuur van ‘n suksesvolle boerdery en ek sal beslis veranderinge aanbring na aanleiding van die terugvoer wat ons ontvang het.”

TLU SA is trots om jaarliks hierdie kompetisie aan te bied en so ‘n belegging te maak in die toekoms van Suid-Afrikaanse landbou.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA Jongboer van die Jaar 2021 Wenner

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.