Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het onlangs ‘n webinaar aangebied waaraan TLU SA deelgeneem het. Die OVK se behoefte is om verkiesingsopleiding aan stemgeregtigdes te verskaf.
Daar was ook ‘n versoek dat die politieke partye toegang moet kry om met die plaasbewoners te kan gesels.
TLU SA se standpunt was dat die OVK volgens die plaasprotokol ‘n afspraak moet maak wat kan inpas by die bedryfsvereistes van die plaas. Dit sal hoofsaaklik ook ná boerdery-ure moet geskied. Ons het dit duidelik gestel dat plase soos enige ander besighede nie plekke is vir politieke byeenkomste nie en dat die partye hulle geleenthede in dorpe kan aanbied.