Op Henry se Hart | Julie 2022
TLU SA rig ’n uitnodiging aan lede en vriende om betrokke te raak en die TLU SA Landbou Ekspo te ondersteun. Buiten die landbou- en vee-uitstallings, arena- en Bulring-programme, word daar vanjaar ook ’n boere-veligheidspatent-kompetisie aangebied. Om veilig in en om jou huis te wees, is nie veronderstel om ’n arm en ’n been te […]
Kragdag 2022
TLU SA se span sien met opgewondenheid uit na 2022 se Kragdag TLU SA Landbou Ekspo van 11-13 Augustus. Die KragDag Ekspo is aangrensend tot die Landbou Ekspo en sluit sowat 400 stalletjies, ’n speelpark vir kinders, ’n biertuin, kosstalletjies, raadsaal-program en nog vele meer in. Gebeure is by die Diamantveld-landgoed buite Pretoria, naby die […]
*Advertensie* | ABSA
Gedurende die afgelope twee jaar was landbou die ster in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Soos die effek van die pandemie begin kwyn, is daar egter nuwe verwikkelinge in wêreldmarkte wat uitdagings vir die industrie na vore bring. Hierdie sluit die probleme tussen Rusland en die Oekraine in maar ook die onlangse Covid-19 golf in China wat […]
AGRICOLLEGES international | Kompetisie tyd!
Kompetisie tyd! Staan ’n kans om een van drie landbou inleidingskursusse te wen! Hoe om in te skryf: Stuur ’n 200 woord opsomming oor die belangrikheid van opvoedkunde in die Landbou omgewing na sekretaresse@tlu.co.za Sluit asseblief ’n foto van jou op die plaas in Inleidingskursus wat u in sal belangstel. Sluitingsdatum: 8 Julie 2022 AFRIKAANSE […]
SARS…ongelyke speelveld
Vuisvoos belastingbetalers word gewetenloos verder en verder beroof van hul geld. SARS het omvorm na ’n baie effektiewe geldinvordering-masjien. Wanneer SARS die belastingbetaler wel geld skuld of foute moet regmaak aan sy kant verander die masjien in ’n handploeg. ’n Handploeg waarvan die arbeider al te gereeld met middagete of teetyd is. Indien jy die kliëntediens skakel hou […]
Omgewingsake Junie 2022
TLU SA se Omgewingsake-komitee sluit ook watersake in, dit is nie net watersake, waterbesoedeling, skoon water vir dop en dam nie, die komitee nooi u uit om deel te neem aan debatte en kwessies in die verband. Eerstens om gemeenskaplike probleme op te los maar ook om die kwessie van bewaringslandbou ’n stap verder te […]
ARBEIDSAKE Junie 2022
Die Departement van Arbeid is tans in verskeie provinsies besig met arbeidinspeksies op plase. Lede word versoek om seker te maak dat daar aan die nodige wetgewing voldoen word. Sien meegaande riglyn rakend arbeid inspeksies. Indien daar enige navraag is, kontak vir Mauritz Lombard by 012 804 8031 of epos beleid@tlu.co.za RIGLYN: ARBEIDSINSPEKSIES Inspekteurs van departement […]
Plaaslike regering | Junie 2022
Op 15 Junie 2022 is die stand van sake deur Netwerk24 deurgegee soos verslaggewing ontvang is van die Ouditeur-Generaal oor munisipaliteite se oudit vir die boekjaar tot einde Junie 2021. Munisipaliteite het geensins verbeter in terme van deursigtigheid nie en slegs 16% het ongekwalifiseerde oudits sonder enige bevindings gekry. Dit beteken slegs 16% kon finansiële […]
Verootmoedigingsondag
Lig in Duisternis Uitgewers poog om op Sondag 24 Julie 2022 soveel as moontlik gemeentes en predikers, ongeag van kerkverband, te kry om dieselfde preek te preek. Jonathan Edwards se lewensveranderende preek wat hy in 1741 gepreek het, is onlangs deur ds. Schalk Strauss vertaal, waarna Sondaars in die hand van ʼn toornige God deur […]
Manifes (Artikels 7 en 8)
Artikel 7: Die versterking en bemagtiging van TLU SA is vir my ’n prioriteit. Ek sal daarna streef om tot voordeel van die landboubedryf en my medeboere TLU SA se goeie beeld te beskerm en uit te bou. Die krag van TLU SA is in sy lede gesetel. Dit is elkeen se meelewing en insette […]





