Gesprek oor SEB – Jannie Raath (Vrystaat & Noordwes Streekbestuurder)

Die BEE-wette is besig om te verskerp en nuwe fase in te gaan. Daar is tans ’n hofsaak deur Sakeliga gedryf teen BEE-regulasies in die voorkeur verkrygingswet (Public procurement). Die hooggeregshof het uitspraak gegee wat die Staat verbied om voorvereistes te stel vir ras om besigheid te mag doen. Die Staat is egter nou besig om appel aan te teken en die saak gaan voort in die Grondwethof. 

Wat is SEB?

Dit is die idee van die Staat dat rasse wat voorheen benadeel was, nou bevoordeel moet word. Die missie is om die middele vir produksie te skuif na die demografie. Implementering vind plaas onder die sambreel van transformasie in die vorm van Staatstenders. Die transformasie-missie en -einddoel is om die middele van produksie en die eienaarskap te kry by die demografie van die land. Met ander woorde onder swart bestuur en eienaarskap.

Stelling: Enigiets wat ekonomiese groei en die land se funksionaliteit op risiko plaas, moet met baie erns en versigtigheid benader word.

Hoe werk BEE in die praktyk?

Deur middel van wetgewing word alle persone of besighede wat binne die waardeketting van die staat val gereguleer. Die mees prominente wetgewing is die PPPFA (public procurement). Daar word gebruik gemaak van ’n puntestelsel waaraan voldoen moet word en alle staatsbeheerde entiteite moet sekere dienste lewer aan die publiek. Kontrakte word slegs toegeken op grond van besighede se puntetellings. Sowat 20% van die puntetelling is die besigheid se SEB-status wat dan ’n wesenlike bevoordeling inhou hoe meer jy voldoen aan SEB. Vroeër het pryse en kwaliteit van produkte en dienste die belangrikste rol gespeel terwyl dit nou ’n kleiner rol speel in toekenning van kontrakte ens. Nou speel SEB-status ’n groter rol.

Die vraag is egter, kan boere dit bekostig om SEB in ag te neem, maar terselfdertyd meeding op internasionale markte waar prys en kwaliteit die drywers is. Dit gaan dus hoofsaaklik oor die verbruiker en daar moet gekies word tussen die verbruiker of SEB, watter een die belangrikste is.

Hoe lyk die nuwe fase van SEB?

Die eerste fase was vertikale afdwinging en was slegs van toepassing op besighede wat direk met die Staat besigheid moes doen.

Met die tweede fase het die Staat sy visier geskuif na die privaatsektor met die oog op privaatkapitaal en -ondernemings wat andersins nie direk met die Staat sou besigheid doen nie en nie afhanklik was van iemand hoër op in die waardeketting wat met die staat besigheid doen nie. Die strategie is presies soos in die eerste fase, maar nou gemik op die privaatsektor. Die Staat plaas dus ’n reguleerder oor hierdie industrieë wat dan hierdie sektorkodes moet uitrol oor die industrie, asook die hele waardeketting wat te doen het met daardie industrie. Dit dwing die industrie om te transformeer om dan aan sy transformasie teikens wat hy afdwing te voldoen. Fase 2 is ’n horisontale benadering op ’n hele sektor.

Meganismes hoe hierdie wetgewing verskerp word 

Besighede moet verklarings aflê en rasse klassifikasie toepas en ook verklaar oor hoe die bestuur van die besigheid lyk ten opsigte van ras.

Die rede hiervoor is dat daar nie ’n maatstaf of wetgewing om ras te bepaal in Suid Afrika is nie. Die enigste manier hoe die Staat tans suksesvol transformasie kan gebruik in SA is deur ’n middel van selfidentifikasie. Maar selfidentifikasie gee nie stabiliteit aan so ’n stelsel nie. So hoe die Staat dan nou stabiliteit gee, is deur jou te dwing om ’n vrywillige eedsverklaring te gee waarin jy jouself klassifiseer en jou besigheid se ras samestelling klassifiseer onder eed.

Probleem

Bewyse van rassamestelling word versoek en besighede word gedwing om verklarings te gee oor eie rassamestelling. Die probleem is dat ons nie gekwalifiseerde bioloë en kundiges is om mense te kan klassifiseer volgens hul historiese herkoms nie.

Dit plaas jou onder risiko om teen ’n persoon wat nie met rasklassifikasie saamstem nie, te diskrimineer, op grond van ’n persoon se grondwetlike regte op kultuur en oortuiging.

So ’n persoon gaan dus ’n eis teen jou kan instel indien hulle nie saamstem met rasklassifikasie nie. Daar kan ook gewetensbesware wees teen die gebruik van rasklassifikasie as kwalifikasie nadat wetgewing in 1990’s afgeskaf is wat ras as kwalifiserende vereiste gestel het in die samelewing.

Sektorkodes word deur die sektor reguleerders uitgevaardig en af gedwing

Die reguleerder se doel is egter veronderstel om verbruikers in die sektor te beskerm teen onbillike pryse en kwaliteit, en dit so te reguleer. Nou word transformasie ingebou in die sektorkodes wat beteken dat die verbruiker nie meer eerstens beskerming geniet nie.

Dit beteken ook dat ’n boer wat uitvoer nie noodwendig die beste kwaliteit produkte en prys hoef te hê nie, maar dat hy kan uitvoer slegs omdat hy aan SEB voldoen. Ons kan nie toelaat dat die verbruiker besteel word nie. Ons is hier vir die boer asook die verbruiker en hier is ’n onreg besig om plaas te vind.

Dit is negatief vir uitvoere wat uiters belangrik is vir die ekonomie

Uitvoere verhoog ekonomiese groei wat ook inflasie gunstig beïnvloed. Dit het ’n wesenlike impak deur die lewenskwaliteit van alle Suid Afrikaners te verbeter.

Markkragte bepaal dat daar op waardetoevoeging gefokus moet word en nie op ras nie.

SEB is diskriminasie teen ’n rassegroep. SEB is ’n vorm van onteiening sonder vergoeding en kan beskryf word as ’n regulatoriese grondeis. Aangesien dit eienaarskap wegneem by een ras en aan ’n ander toeken, is SEB ’n vorm van konfiskering en is dit teen ekonomiese beginsels in.

Hoe weet ons dat sektor reguleerders dit gaan toepas?

Die sektor reguleerder kry teikens wat hulle moet bereik in ’n spesifieke periode. Reguleerders dwing dus almal binne ’n sektor om by daardie doelwitte te hou. Landbou is heel aan die begin van hierdie proses en daar gaan nog op verskeie areas hierdie afdwinging uitslaan. Risiko is dus groot van alle kante in die landbousektor af insluitende versekering, finansiering, koöperasies. Die ANC gaan ook groter druk toepas soos wat sy steun verminder. Ons moet dus baie versigtig wees oor hoe ons deelneem aan hierdie stelsel.

Hoe hanteer ons dit dan wanneer ons versoek word om ’n eed oor BEE af te lê?

Voor fase 2 was dit maklik dat wanneer jy as boer of sakelui nie afhanklik is van staatswerk nie kon jy kies om nie aan die waardeketting dwang deel te neem nie en kon jy iewers anders werk gaan kry.

Maar wanneer daar nou reguleerders geplaas word oor sektore wat regulasiekodes en teikens moet afdwing het ons nie meer ’n keuse om daaraan deel te neem of iewers anders besigheid te doen nie. Dit kan in die toekoms beteken dat jy nie sal kan produkte koop of verkoop nie aangesien die hele industrie nie jou nie meer kan bekostig, indien jy nie deelneem aan SEB nie, want jy kos vir die industrie waardevolle punte op sy verkrygingsyfers (procurement).

Daar is ’n moontlikheid dat hulle kan weier om jou produkte te verkoop, of soos in die geval van koöperasies en landboubesighede kan hulle weier om jou toe te laat om hul produkte te verkoop omdat jy nie genoeg of voldoende getransformeer is nie. Maar die heel ernstigste is dat soos die KOFI wet saamgestel is, daar ‘n risiko is dat jy professioneel vervolg kan word omdat jy nie aan die eed en die nuwe etiek wat geskep word van transformasie binne ’n professie voldoen nie.

Jy het dus drie keuses:

  1. Kies om nie deel te neem nie met die risiko dat jy of professioneel vervolg kan word deur nie ’n eedsverklaring in te dien nie. Weiering om aan die regulasies te voldoen.
  2. Voldoen aan die regulasies waar jy volgens jou gewete en die reg ’n keuse uitoefen oor selfklassifikasie en jy later daarby gehou kan word.
  3. Ander manier van deelname aan die eedsverklaring is om beswaar te maak teen dit en op eie terme deel te neem daaraan.

Hoe kan ’n mens voorbehoud vir jouself inbou in hierdie proses om jouself te beskerm?

Reguleerder gee standaard eedsverklarings uit wat voltooi moet word waar jy sekere vrae onder eed moet aflê, wat hoofsaaklik gefokus is op die klassifisering van ras binne jou onderneming van jouself, ander werknemers asook jou bestuur en eienaarskap binne die besigheid.

Die algemene persepsie is dat daar nie aan daardie vorm gepeuter of verander mag word nie. Jy moet wel aan die vraag wat gestel is op die vorm voldoen en kan dus nie aan die vraag wat gestel is verander nie, maar geen owerheid mag jou verhoed om by te voeg tot hierdie dokument om volgens jou gewete ’n eedsverklaring te gee nie.

  1. Maak eerstens beswaar teen rasklassifikasie.
  2. Beskerm jou gewete deur te sê jy behou jou regte voor om wanneer jy later tot ’n ander besef kom oor ras of oor die klassifikasie van ras, jouself kan herklassifiseer.
  3. Maak die stelling dat jy is nie ’n deskundige op die veld van rasklassifikasie nie. Jy skuif dus die onus oor op die owerheid om dit te doen aangesien hulle jou dwing om self te klassifiseer sonder dat daar ‘n maatstaf is vir klassifisering.

Daar is ook onsekerheid binne die reg oor hoe opgetree moet word. Kry dus onafhanklike regsadvies oor jou spesifieke situasie. Nog ’n onbekende is dat hoe grondwetlik dit is binne die raamwerk van die grondwet, en of dit oor die langtermyn in ’n hof kan standhou.

Die SEB-beleid in SA is skadelik. Etiese probleme is verseker in hierdie model. Risiko van regsonsekerheid bly egter ’n probleem en ons hoop om dit deur middel van die vier punte wat ons gee om by jou verklaring te voeg, te verminder.

 

Foto: Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Gesprek oor SEB – Jannie Raath (Vrystaat & Noordwes Streekbestuurder)

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.