Die jaar staan nou vinnig einde se kant toe. Intussen is Oktober gekenmerk deur ‘n klomp negatiewe gebeure. Plaasaanvalle en -moorde duur voort; Tot 31 Oktober vanjaar was daar 337 plaasaanvalle en 53 plaasmoorde; Die moord op Brendin Horner en die gevolglike hofsake maak groot opslae in Senekal EN die res van die land. Ons
Landbou toestande is in sekere gebiede baie swak met plekke wat vyf jaar gelede normale reënval gehad het. Meeste van ons lede het dit deur die winter gemaak en ons begin nou kort-kort opkyk in die rigting waar die reën moet kom. In Noordstreek is ons landelike veiligheidstrukture so georganiseer dat ons sonder enige probleme
Baie geluk aan die veiligheidsvoorsitter in die Noordwesstreek, Theunis Kruger (by die Lichtenburg DLU) wat TLU SA se veiligheidstrofee vir 2020 gewen het. Ons gelukwensinge ook aan Bertus van der Westhuizen van die Heilbron BU en die Streekvoorsitter van TLU SA in die Vrystaat wat by TLU SA se onlangse virtuele kongres aangewys is as
In vele opsigte het almal vanjaar aanpassings moes maak as gevolg van die inperkingsregulasies. Selfs met die Jongboer-kompetisie moes die besoeke op die plase deur die beoordelaars uitgestel word. Dit sal nou plaasvind op 6 en 7 Oktober. Baie dankie vir die borge wat ons ondersteun met hierdie kompetisie. Ons wenner ontvang ‘n oorsese reis geborg deur Manitou, terwyl
Dit is met groot dankbaarheid dat ons terugkyk na die 2020 kongres se deelname en ook die funksionering op die virtuele platform, Zoom. Eerstens ‘n groot dank teenoor die lede en affiliasies wat in groot getalle ingeskakel het. Die vereiste deelname vir ‘n kworum is 40% van die getal wat volgens die grondwet mag registreer om
Ons kan op geen wyse redeneer dat dinge nou weer as normaal beskou kan word nie. In groot dele van die land gaan boere steeds gebuk onder ‘n ernstige droogte en ook die gevolge daarvan. Privaat inisiatiewe gee ‘n mate van morele ondersteuning en dit kan eintlik gesien word as ‘n gebaar om te wys
TLU SA se jaarlikse kongres is sopas afgehandel en daar is bepaalde grondwetwysigings bespreek en daaroor besluite geneem. Die nuwe president en adjunk-president is ook verkies. Ons streeksvoorsitters sal vanjaar as gevolg van die inperking en die feit dat ons deur middel van Zoom ‘n virtuele kongres moes hou, in eie streeksverband verkies word. Baie
Sang is die hartklop van die lewe. Musiek het helende krag. Dit het die vermoë om mense vir ‘n rukkie uit hulle omstandighede te lig. Dit was juis dié gedagte wat geboorte gegee het aan Hoop Ongegrendeld – ‘n virtuele koorproduksie van Lig in Duisternis. In die hartjie van die grendelstaat het ‘n groepie entoesiastiese
TLU SA bied op 9 September die heel eerste digitale kongres in die organisasie se bestaan aan en die tema is heel gepas: ‘n Nuwe Aanslag. Selfs voordat COVID-19 die wêreld gedwing het om tegnologie meer en op nuwe maniere in te span, het die landboubedryf reeds hierdie roetes begin ondersoek. Dit is belangrik dat
Vir meer as twee jaar reik TLU SA periodiek toepaslike Veiligheidsbulletins uit wat tot ‘n groter bewustheid van ‘n veilige woon- en werksplek sal bevorder en riglyne verskaf vir die hantering van brandende kwessies. Die inhoud dek vele aspekte wat van belang mag wees in ‘n verskeidenheid noodsituasies. Dit word weereens beklemtoon dat hierdie Bulletins